Pages

Friday, 9 September 2011

Tuisgemaakte Hamburgers

Lekker tuisgemaakte hamburger patties resep vir jou skilpadjies of as jy burgers wil maak.



So maak jy:

Bief patties:
  • meng 500 g maalvleis met
  • ‘n handvol broodkrummels,
  • ‘n ui wat gechop en gebraai is in olie,
  • ‘n opsionele eier,
  • 100 gr fyn gesnyde ansjovis (anchovies) en so
  • twee eetlepels capers (opsioneel).
Maak seker dit is goed gemeng. Maak balletjies so groot soos groot patties. (so eetlepel growwe koljander behoort ook goed hierby te werk)

Skaap patties:
  • meng 500g lamsmaalvleis met
  • ‘n handvol broodkrummels,
  • ‘n ui wat gechop en gebraai is in olie,
  • ‘n opsionele eier, twee eetlepels mint blare in balsamiese asyn sous,
  • een eetlpel fyn peper en
  • sap van ‘n suurlemoen.
Bak die patties vir so 15 minute aan elke kant teen 180 g C

Wenk:  Die patties krimp ietwat in die oond, so maak hulle maar bietjie groterig.