Antjie

Antjie

Friday 9 September 2011

Ek wil Jubel

More,  wat 'n pragtige somers Vrydag oggend! 
Vanmore wakker geword met die liedjie "Ek wil Jubel" van Willie Joubert op my hart.  Nie net dat die liedjie jou siel verkwik nie dis sommer 'n lekker spinning CD ook.....

Ek wil Jubel
As ek opstaan in die more met die breek van 'n nuwe dag
het ek 'n rede om weer te lewe
Dis die grootheid van U skepping en die wonder van die dag wat U gemaak het
ek staan verwonder.
As ek opkyk na die hemel weet ek U is altyd daar vir my
Daar is niks in hierdie lewe wat meer kosbaar is vir my

Ek wil jubel ek wil juig met my mond wil ek getuig
Van die liefde en U vrede al die oorvloed wat U gee
Ek wil jubel ek wil juig ek wil voor U voete buig
Want U goedheid ken geen einde
U's oneindig lief vir my

Elke ster bo in die hemel herhinder my net weer
aan U beloftes dat U my God is
Ek is veilig in U hande
by die Here vind ek skuiling teen gevare want U is my Vader.